Afrikaans Aktueel Godsdiens Sielskos

Dapper

January 17, 2018

“Dít kan nie my storie wees nie… ” dink ek terwyl ek my neus histeries in die badkamer by die werk blaas.

Die trane kom maklik.

Asof hulle die pad ken…

van teleurstelling…

van hartgebrokenheid…

Ek bid:

“Regtig, Here? Dít ook nóg? Ek dog my lesse is nou geleer. Ek dog my swaarkry-koppie is vir eers vol. Ek dog 2018 beteken ’n nuwe begin… ”

Die deur kraak en iemand kom in die badkamer in. Lees Verder

Godsdiens

Salfwoorde

November 24, 2017

Kom ons wees maar eerlik.

Kom ons wees maar baie eerlik.

2017 was ’n seer jaar.

Vir baie.

Maar ook vir my.

En my hart hang moedeloos slap.

Verlep soos die droeë plante in my tuin.

’n Woestyn. Lees Verder

Afrika Afrikaans

Grondpad

September 8, 2017

Dit is vandag ’n maand later.

’n Maand na Isabel.

’n Maand alleen.

En terwyl ek aan ’n storie werk oor Transformation Vrededorp vir LiG Tydskrif dwaal my gedagtes terug na hom toe.

Sommer so vanself.

Grondpad langs.

Die klein, vuil seuntje in Botswana.

Meer as tien jaar gelede. Lees Verder

Uncategorized

Altyd gedraai na die Son

February 16, 2017

Herfs kruip nader.

Ek ruik dit in die oggendbries.

Ek speur dit in die lui middagson.

Ek voel dit vroegoggend onder die duvet.

En op pad Potchefstroom toe bevestig die kosmos, wat soos sproete oor die vlaktes flikflooi, dit.

Herfs is op pad.

En Winter is kort op sy hakke. Lees Verder