Jy is veilig hier

Jy’s veilig hier.

Wikkel jouself toe in hierdie wete.

Jy is veilig hier.

Want, hier is daar nie voorbehoud en vooropgestelde veroordelings oor jou nie.

Hier is ons eerlik.

Weerloos.

Hier draai ons nie doekies om oor ons tekortkominge nie.

Hier vier ons ons verskille.

Probeer ons saam sin vind in die lewe se storms.

Glo, leef en bid ons saam.

Hier kan niemand die vuil skottelgoed, geraamtes in jou kas of jou onopgemaakte bed sien nie.

Want hier maak dit in elk geval nie saak nie.

Is ons almal gebroke.

Almal saam opsoek na Jesus.

Skop jou skoene uit vriendin.

Maak ’n bolla op jou kop.

Was jou grimering af.

Maak vir jou ’n koppie tee en weet:

Alles gaan okay wees.

En dis okay as alles nie tans okay is nie.

Hier kan jy huil.

Treur ook as jy wil.

Hier mag jy twyfel.

Jy is by die voete van Jesus.

Saam met jou susters.

Hier is jy veilig.